Menu

Content

Breadcrumb

Winter is hier...

Nuus, Datum: 20.05.14

Winter is hier...

Winter is hier, die storm reëns is op pad en vir die haweloses van ons stad is dit vreesaanjaend. Ons harte bloei wanneer ons verby ʼn man, vrou of kind op straat ry wat met 'n bordjie staan en bedel. Meeste van ons wens dat ons iets vir hulle kan doen, maar ons weet om geld tee gee gaan niks beter maak nie.

MES, ʼn nie winsgewende organisasie in Bellville, wat haweloses help, het egter vir ons 'n oplossing. Hulle verkoop koepons wat aan die haweloses uitgedeel kan word. Een koepon is gelyk aan een bord warm kos. Die etes word bedien tussen 11:30 en 13:00 by MES se kantore 3 Davies Straat, Bellville.

Indien u wil help en 'n verskil wil maak in hierdie koue winter wat voorlê, gaan na MES, 3 Davies Straat, Bellville, en koop koepons. Elke boekie bevat 25 koepons en dit kos maar net R50.

MES bied ook aan haweloses verskeie werksgeleenthede aan en persone wat belangstel kan by MES se kantore in Bellville aanmeld.

Gee op 'n verantwoordelike manier. Om geld te gee help nie, borg eerder etes by MES en moedig haweloses aan om by MES aan te klop vir werk.

MES

MES- Mould- Empower- Serve
Tel:+27-21-9498736
Fax:+27-21-9498763
Email: capetown@mes.org.za

Banking Details:
MES Cape Town
ABSA Current Account
4058062432
Branch Code: 632005
Swift Code: ABSAZAJJ

Sign Up to Receive the Omgee Newsletter: