Menu

Content

Breadcrumb

Vloede

Nuus, Datum: 17.11.13

Vloede

18 November 2013

Beste Vriende

Soos belowe wil ek vir julle die volgende inligting deurgee.

Ek was vandag met die meeste gemeentes in die areas wat deur die vloede geraak is in verbinding. Dit lyk tans asof alles onder beheer is en dat daar baie engele was wat dadelik ingespring het en sommer self kom help het. Ons het egter nog nie terugvoer aangaande die mense van die outehuis gehad nie en ek sal more verder ondersoek instel en julle laat weet. Ek wil die voorstel maak dat julle nou maar eerder vashou met die donasies vir wanneer die mense weer terug in hulle wonings geplaas word, of 'n bietjie later wanneer daar nie meer so baie helpers is nie. Ek sal julle konstant op hoogte van sake hou. Indien julle regtig nou wil help kan julle eerder in ons rekening 'n donasie maak wat ons kan gebruik wanneer die mense hervestig word.

Helderberg Animal Welfare het my laat weet dat hulle wel dringend hondekos nodig het, nadat al die diere wat in die Helderbergkom beinvloed is, daar gehuisves word. Hermanus Animal Welfare Society het oorspoel en hulle sal vir my 'n wenslys aanstuur van wat hulle nodig het. So indien jy 'n passie het vir diere is daar nog baie hulp wat benodig word.

Baie dankie vir al die belangstelling!

Beste Gemeentes en vriende van die Bediening vir Armoede en Sorg

Ons is seker dat julle net soos ons met kommer die situasie aan die kus waargeneem het oor die naweek.  Baie mense en diere is dakloos gelaat en daar is baie skade aan die omgewing aangerrig deur die vloede.

Ons is bewus daarvan dat baie van julle baie graag sal wil help om die situasie te verbeter, maar nie werklik weet hoe nie.  Ons is tans in die proses om inligting in te win oor die omvang van die totale skade en wat benodig word.

Ons se baie dankie aan die gemeentelede van Helderberg, wat dadelik 'n noodsentrum op die been gebring het en die hele naweek al kos en noodsaaklike goedere aan die mense wat deur die vloede geraak is versprei.

Ek doen 'n beroep aan al ons gemeentes om met my in verbinding te tree indien julle ook deur die vloede beinvloed is en hulp benodig by omgee@kaapkerk.co.za.

Ons wil al ons aksies van hulp koordineer om seker te maak dat die mense die hulp wat hulle nodig het ontvang.

Ek sal more weer vir almal verdere inligting deurgee van wat benodig word en waar die aflaaipunte is.

Indien julle 'n donasie wil maak kan u dit in ons rampfondsrekening inbetaal en ons sal dit versprei soos nodig.

Elektroniese of direkte inbetalings kan in die volgende rekening gedoen word:
Naam van rekening:  Armoede en Sorg
Rek nr.:  40 7842 5238
Takkode:  632005 [ABSA]
Vul asseblief as verwysing in: “U Voorletter, van + Vloed”

Ons is baie geraak deur al die mense wat hierdie naweek ingespring het en gehelp het, dit is wonderlik om te sien dat indien die nood druk ons daar is vir ons naaste.

Groete

Sign Up to Receive the Omgee Newsletter: