Menu

Content

Breadcrumb

Taakspan Ekologie se visie en strategie

Ekologie

Die taakspan se visie en strategie is:

  • Om relevante inligting te versprei wat gemeentes sal inlig oor ekologiese uitdagings wat ons lewe bedreig;
  • Om gemeentes en lidmate te motiveer en aan te moedig om agente van verandering te wees op die terrein van die ekologie en omgewing;
  • Om profeties te wees en ’n Advokaatsrol te vervul t.o.v. sake oor ekologie en die omgewing;
  • Om netwerke te skep en te onderhou; en
  • Om ’n Spiritualiteit te ontwikkel wat ’n ekovriendelike lewenstyl bevorder en onderhou.

Praktiese aanbevelings

  • ’n Maandelikse rubriek oor ekologiese sake met praktiese riglyne vir lidmate en gemeentes sal op ons webwerf www.omgee.co.za verskyn.
  • Netwerke sal gespek word met verskillende organisasies en individue om die goeie werk wat gedoen word te adverteer. Skakels sal op die webwerf geplaas word.
  • Oor COP17 op Vrydagnuus: Die Ekologie Taakspan van die Bediening vir Armoede en Sorg doen ’n beroep op gemeentes om Sondag voorbidding te doen vir COP17 wat op die oomblik in Durban vergader. Vra die Here dat ’n nuwe ooreenkoms suksesvol beding sal word wat alle lande sal verbind tot die vermindering van vrystelling van gasse wat bydra tot aardverwarming. Lees gerus ook artikels en ’n persverklaring deur die SARK by www.sacc.org.za vir verdere inligting hieroor.
  • Om ’n Spiritualiteit te bevorder wat ekologies sensitief is beplan die taakgroep om Keltiese liturgiese materiaal vir gebruik in die kerke te vertaal.
  •  Die taakspan is dankbaar dat Armoede en Sorg die gebruik van papier by kerklike vergaderings en reis na vergaderings sal evalueer.

Saamgestel deur David Botha (ds)

Sign Up to Receive the Omgee Newsletter: