Die Bediening vir Armoede en Sorg werk ten nouste saam met BADISA wat ‘n gesamentlike bediening van die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en VGKSA Kaapland is. BADISA is dus hierdie kerke se welsynsorganisasie.
BADISA is ‘n kerk- en geloofsgebaseerde nie-regeringsorganisasie (NRO 011-981) en openbare welsynsorganisasie (PBO 930006348) wat is 2003 ontstaan het toe die voormalige CMR (NG Kerk Maatskaplike Dienste) en Diakonale Dienste van die VGK saamgesmelt het.
BADISA het meer as 165 programme in gemeenskappe in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en groot dele van die Noord-Kaap.
Die fokus van die werk is op:
Kinder- en jeugontwikkeling
Gesinsorg en aanneming
Bejaarde- en gesondheidsorg
Vroeë kinderontwikkeling
Gestremdesorg
Gemeenskapsontwikkeling
Middelafhanklikheid
Ondersteuning aan sekere kerklike projekte, veral in die Oos-Kaap