1. Inleiding
Die Bybel bied homself aan as riglyn vir die lewe en openbaring van die wil van God vir ons lewens (2 Tim 3:16). Die wêreld waarin ons leef word onder meer gekenmerk deur die aanmoediging van verbruik (verbruikerisme/consumerism) en die gebruik van alkoholiese drank en ander dwelms is deel hiervan. Die vraag is nou of die Bybel iets hieroor te sê het en of ons kan verwag dat die...