Hierdie bediening is 'n inisiatief van die Nederduitse
Gereformeerde Kerk (NGK) en die Verenigde Gereformeerde
Kerk (VGK). Ons doel is die volgende.Lees meer
Nuut gedink oor armoede
Wat is die kern oorsake van armoede en waar lê die oplossings?
Tydens die afgelope vergadering van ons taakspan wat besin
oor sistemiese oorsake en oplossing vir armoede, het die
volgende gedagtes op die tafel gekom..Lees meer
Stories van hoop
Vier pilare van armoede
Die ontrafeling van sosiale probleme is kompleks en antwoorde nie eenvoudig nie. As daar eenvoudige antwoorde op die probleem van armoede was, was dit sekerlik al op die tafel. Die afgelope maande, sedert ons vorige konferensie oor armoede, het die NGK en VGK koppe bymekaar gesit om wel ernstig na die sistemiese oorsake van armoede te kyk. Veralgemening is altyd gevaarlik, maar terselfdertyd is dit soms nodig om `n greep op die problematiek te probeer kry. Na baie gesprekke met kundiges is vier eenvoudige pilare geïdentifiseer waarop armoede onder andere rus. Waarom die kerk so ernstig oor juis hierdie sake is, is omdat van die sake wat geïdentifiseer is, juis sake is wat sonder enige twyfel op die kerk se agenda behoort te wees Lees meer Petronella Tayero van Zimbabwe
Hierdie storie uit die verre Zimbabwe, het op 'n baie verrassende wyse op ons gemeente se lewensagenda verskyn.
Petronella Tayero het iewers in 2006, soos baie van haar landgenote, besluit om iets daadwerklik aan hul troostelose omstandighede in Zimbabwe te doen. Lees meer